Page 85 - WieEkIs Erin Nel
P. 85

Terug na die Begin



            “In die begin het God die hemel en die aarde geskape” – Genesis
            1:1

            “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en
            die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles
            het deur  Hom  tot stand gekom;  ja nie  ‘n enkele ding wat
            bestaan het sonder Hom tot stand gekom nie.” – Johannes 1:1-
            3 (Nuwe vertaling)


            Die God van alle lewe, skep alle lewe


            Om jou storie te verstaan, moet jy die storie van alle stories eers
            verstaan. Jy moet jou plek verstaan ín die storie van alle stories
            wat strek vanaf die begin van die wêreld tot in alle ewigheid.
            Die storie waarvan jy deel is. Ons moet ons plek in die heelal
            verstaan om ons plek in hierdie lewe te verstaan. Die grootsheid
            en glorie van die groter prentjie. Hoe begryp ek die doel en
            betekenis van my lewe? Hierdie konsep gaan ons net verstaan
            as ons twee fundamentele dinge ingedagte hou:
                a)  Waaroor gaan die lewe?
                b)  Hoe hou dit verband met God, myself en die ewigheid?

            Hier gaan ons  kyk na  ‘n  paar  aspekte van ons  Skepper  se
            verhouding met Sy skepping. Hoe het ons ontstaan? Hoekom is
            ons hier? Hoe het ons reageer op God se toenadering tot ons?


                                          80
   80   81   82   83   84   85   86   87   88   89   90