Page 87 - WieEkIs Erin Nel
P. 87
wentelbaan, opkoms, ondergang, invloed op mekaar en die
lewe wat nog diep verborge in die diepsee lê is so groot om te
begryp. Maar selfs al hierdie dinge in al hul glorie is nie so groot
en fassinerend soos God se Vaderhart vir ons nie. Vir my en jou.
Jou lewe is deel van hierdie storie. Dis deel van jou geskiedenis.
Jou begin het reeds begin aan die begin van die skepping.
Hoe het my storie begin?
In Genesis 1:26 lees ons dat God tydens die skepping gesê het:
“Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis.” God
het dus die mens geskep, eers man en toe vrou, en het ons hier
op die aarde geplaas. Dit was in God se beplanning dat ons
geskep word. So, hier en op Sy bestemde tyd.
“Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die
aarde en lewensasem in sy neus geblaas sodat die mens ‘n
lewende wese geword het. Die Here God het toe ‘n tuin van
Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het daar
laat woon.” – Genesis 2 :7-8 (Nuwe Vertaling)
God het ons dus geskep, Self. Hy het Sy eie lewensgewende
asem in Adam en Eva se neus geblaas. Hy het ook die aarde
spesiaal vir hulle, vir ons geskep, met die natuurskoon, suurstof,
atmosfeer en voeding spesiaal vir die mens. Die mens en dier
was geskep om God te verheerlik hier op aarde. Die absolute
kroon van Sy skepping, dit wat Hom pure genot verskaf. Ons is
geskep vir "the joy of the Lord". Dawid sê in Psalm 139 hoe hy
God wil loof, want God het hom op ‘n wonderbaarlike wyse
geskep. “Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. U het
82