Page 88 - WieEkIs Erin Nel
P. 88
my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in
U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Selfs koning
Dawid het in daardie vroeë geskiedenis nie die wetenskaplike
kennis gehad om te weet regtig hoe spesiaal nuwe lewe verwek
en tot stand kom nie.
“As ek u hemele aanskou, die werk van U vingers, die maan en
die sterre wat U toeberei het- wat is die mens dat U aan hom
dink, die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig
minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en
heerlikheid gekroon, U laat hom heers oor die werk van U
hande.” – Psalm 8:4-7
God het verder gegaan en vir ons ‘n spesiale tuin ook geskep,
en ons op aarde geplaas. Met ‘n doel. Ons gaan hierdie doel net
verstaan in sy volheid as ons ons Skepper leer ken, in Sy Drie-
enigheid. As ons nie glo in God se drie-enigheid nie, kan ons
onsself nie klassifiseer as ‘n Christen nie, aangesien dit een van
die fundamentele behinsels van ons geloof is. In dieselfde asem,
as ons probeer om die Drie-enigheid te ontken verloor jy dalk
jou siel, maar om die Drie-enigheid is Sy volheid te probeer
verstaan kan jy dalk jou verstand kwyt raak. Bloot omdat dit so
‘n diep en komplekse definisie is wat menigte al probeer
verduidelik het. Ek glo ons gaan nog leer daaroor tot in alle
ewigheid.
Dit is belangrik, aangesien God meer vir ons lewe beplan as wat
ons ooit kan droom of dink, juis daarom moet ons Sy omvang
besef en om sódoende alles te kan ontvang wat Hy vir ons het.
83