Page 91 - WieEkIs Erin Nel
P. 91

God wil hê elkeen van ons moet die Heilige Gees ontvang, want
            dan kan Hy kommunikeer met Sy Gees ín jou. Die Heilige Gees
            ontvang ons as ‘n gawe en stel ons in staat om daagliks op God
            se manier te leef. Ons leef dan onder die leidende hand van die
            Heilige Gees en ons moet net ingestel wees om Sy hand te voel
            en na Hom te luister.


















            Gebed


            Vader God, help my om U beter te leer ken, om soos Dawid, U
            hart te hoor en om U leidende hand te voel, elke dag. Leer my
            om my verhouding met Jesus en met die Heilige Gees beter te
            verstaan, sodat ek in my hart kan besef wat U besig is om ín my
            te doen, vír my te doen en óm my te doen. Leer my om U stem
            te hoor (Joh. 10:27), nie net om vir my die weg te wys nie, maar
            omdat ek smag na ‘n verhouding met U. Ek wil my lewe aan U
            onderwerp. Laat U wil ook my wil word en U gedagtes ook my
            gedagtes (Matt. 26:39). Daarom verklaar ek dat U Here is oor
            elke aspek van my lewe want U weet wat U vir my beplan, dat
            dit goed is en nie sleg nie, ‘n hoop is, ‘n toekoms. Dankie Heilige
            Gees dat U my help om reg te lewe. Vul my opnuut, dat ek ‘n



                                          86
   86   87   88   89   90   91   92   93   94   95   96