Page 90 - WieEkIs Erin Nel
P. 90

Toe God die mens geskep het, het Hy gesê "Kom ons maak die
            mens as Ons verteenwoordiger, Ons beeld." Die mens is na God
            se beeld geskep. Hier kan ons sien dat God die Vader, Jesus die
            Seun en die Heilige Gees reeds van die begin af daar was, by die
            skeping. God is nie geskep nie, Hy is. Hy was altyd en sal altyd
            wees. Jesus, God se Seun is nie geskep of gemaak nie, maar
            deur die Vader-God verwek. Die Heilige Gees is ook nie gemaak
            nie, Hy gaan uit vanaf God. God verlang van ons om Hom in al
            drie van sy aspekte te leer ken. Hy wil hê ons moet verstaan wie
            Hy is, sodat ons naby Hom kan leef.


            Wat van die ánder kwessie?


            Daar is diegene wat sê hulle glo in God, maar ken nie vir Jesus
            nie. Of mense wat vir God en Jesus ken, maar geen idee het wie
            die Heilige Gees is nie. Om God se omvang te verstaan moet
            ons hierdie drie aspekte van Hom leer ken want hulle is ewe
            belangrik.  Dit sal ons  hele lewe  op aarde  neem  om dieper
            vlakke van die Drie-enigheid te leer ken en God se volheid te
            probeer vertaan, daarom is dit so ‘n besonderse proses!

            Dit is moeilik vir diegene wat glo in God maar die Heilige Gees
            nie erken nie, want die Heilige Gees (God se teenwoordigheid)
            is juis Sy krag wat Hy net openbaar aan diegene wat in Hom glo
            en ‘n verhouding met Hom wil hê. Hy seën hulle met baie dinge,
            waarvan Sy teenwoordigheid (Heilige Gees) die grootste is. Om
            te  leef sonder God se  Gees  wat in ons  werk, sal ons  nooit
            gevorm kan word tot die beeld van Christus nie.






                                          85
   85   86   87   88   89   90   91   92   93   94   95