Page 95 - WieEkIs Erin Nel
P. 95
Rooi See
“There is no guidebook to follow when you come to the Red
Sea... just cry out to God.” – Chuck Swindoll.
“Repentance is not when you cry, repentance is when you
change.” – Unknown
“Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor
droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer
verdrink het.” – Hebreërs 11:29
Hoe het die mensdom reageer teenoor ons Skepper en ons
skeppingsdoel? In selfs die vroeë geskiedenis van ons menswees
(reeds in Genesis 3) sien on hoe die eerste mense reeds begin
wegdraai het van ons Skepper en ons eie weg gebaan het. Daar is
hierdie gemeenskap, intieme verhouding met God reeds gebreek.
Van hierdie tydperk af is die mensdom gebore met ‘n sondige natuur
en hierde toestand maak dat ons intimiteit met God gebroke is en
ons wettige straf is eintlik die dood.
Ons het ons oë van God afgehaal en op onsself gesit. Die intimiteit is
verbreek en ons het die satan plek gegee en sodende voor hom
gebuig. Ons het slawe geword. Uit eie keuse. Ons het ons
skeppingsdoel verydel, soveel so dat God spyt was dat Hy ons geskep
het en die skepping wou uitwis. Ons kan maar net die storie lees oor
Noag se ark.
90