Page 97 - WieEkIs Erin Nel
P. 97

Geloof


            Dan sê Jesus ook in die laaste gedeelte van die sin “en glo die
            evangelie”. Hoe glo ons dit? Blindelings? Almal sê so, so ek glo
            dit ook maar. Dit staan in die Bybel so ek glo dit. God sê ek moet
            dit glo, so ek glo dit.

            Die woord "glo", beteken hier in die Bybel om te vertrou. Ons
            vertroue moet wees in ‘n Persoon, die Een wat die oorsprong,
            die  middelpunt van  hierdie  Evangelie is. Christus  Jesus.  Ons
            vertroue is  in Hom  en dit wat Hy  met die  kruisdood en
            opstanding kom vermag het. Ons vertrou Jesus dat Hy nou die
            volmag het om ons sonde te kán en wíl en sál vergewe wanneer
            ons ons sonde bely en om vergifnis vra. Die Bybel sê: “As jy met
            jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God
            Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” (Rom. 10:9,
            Nuwe Vertaling).    1 Johannes 1:9 sê: “As ons ons sondes bely,
            Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons
            van alle ongeregtigheid te reinig.”

            Doop


            Wat sê die Woord oor die doop? In Handelinge 2:38 sien ons:
            “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle
            gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van
            sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” Hier
            kan ons sien dat die doop op die bekering volg. Dit is waar jy in
            eie wil ‘n doelgerigte besluit neem om voor jou medegelowiges,
            God  en die geestesrealm  erken  dat jy  aan God se familie
            behoort.


                                          92
   92   93   94   95   96   97   98   99   100   101   102