Page 100 - WieEkIs Erin Nel
P. 100

water uitgekom.

            Hoe gaan ek en jy reageer hierop op hierdie verlossingsnuus?
            Gaan  ons  Hom  onvoorwaardelik vertrou?  Soveel so, dat ons
            bereid is om om te draai, ons rug te draai en letterlik 180 grade
            terug te draai en reg te leef? Soos ons bestem was om te leef?
            Sonder Hom sal ons dit nie kan doen nie. Die Woord sê: “Wie
            die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (Rom. 10:13).

            As ons nog nie vertroue het in Christus Jesus as ons Verlosser
            en saligmaker nie, moet ons omdraai en glo in die Een wat uit
            liefde ons sondes kom wegneem het aan die kruis. Die Een wat
            alleenlik ons weg tot die hemel en ewige lewe is. “As jy met jou
            mond die Here Jesus bely, en met jou hart glo dat God Hom uit
            die dode opgewek het, sal jy gered word.” (Romeine 10: 9). Ons
            moet gemotiveerd wees deur ‘n brandende passie vir Hom. Vir
            Hom alleen.

            Die belangrikste van alles is dat Hy die belangrikste van alles is.
            Om God te ken en lief te hê. Dis immers die eerste gebod van
            die  10 gebooie, so dan  IS  dit belangrik.  Ons lewe  moet
            gekenmerk wees deur ‘n lewenstyl van die vrug van die Gees in
            ons lewe.  Karaktereienskappe  van vreugde, vrede, liefde,
            geduld, goedheid, vriendelikheid, getrouheid, nederigheid en
            selfbeheersing (Gal. 5:22).

            Hierdie skeppingskennis en hierdie  riglyne  moet ons  nou
            deurtrek en saamtrek  deur die  res van  die  boek op ons
            pelgrimstog deur die wildernis na ons beloofde land.





                                          95
   95   96   97   98   99   100   101   102   103   104   105