Page 105 - WieEkIs Erin Nel
P. 105

Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo nie
            verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe  kan hê.” Hierdie
            Skrif is die hart van die hele heelal. Met die skepping was daar
            nie net denke, ‘n wil, redenasie en ‘n ontwerp betrokke nie,
            maar  agter  dit alles was  ‘n hart  betrokke.  ‘n Hartsbegeerte.
            Liefde. Alles het ontstaan vanuit God se hart. Ons praat gedurig
            van God se dade, denke en wyshede maar soos ons dieper delf,
            sien ons dat reg in die middel van alles is God se hart. Sy liefde.
            Liefde was die primêre oogmerk in God se motiewe, aksies en
            gedagtes agter die  skepping.  Die  hart van die  heelal is die
            kwessie van God se liefde. Sy liefde vir ons.

            Ons was geskep as die uitvloeisel, die oorvloei van Sy liefde. Ons
            het ontstaan vanuit die verhouding (fellowship) tussen Vader,
            Seun en Heilige Gees.  Hierdie verhouding tussen  die Drie-
            enigheid is  vir ons die voorbeeld  van hoe  dit MOET  lyk.
            Onversteurde  eenheid, liefde  en eerbied.  ‘n Mooi  voorbeeld
            hiervan is in Genesis 1:26 “Kom Ons maak die mens as Ons
            verteenwoordiger.” (Nuwe vertaling). Hulle drie is eensgesind
            en apart afhanklik van mekaar. Konstant. Altyd.

            So wat beteken hierdie verhouding/fellowship dan vir ons hier
            op  aarde  in ons  verhouding  met God? Is hierdie spesiale
            verhouding dan vir my en jou ook beskore?

            Ja! Ja! Ja! Dit is God se hartsbegeerte vir ons elkeen. Elkeen van
            ons. Ek en jy.  Vanaf die skepping reeds was dit die doel om
            hierdie spesiale, intieme band met Hom te hê. In al sy fasette.
            In die volheid daarvan, en nie net ‘n gedeelte daarvan nie.





                                         100
   100   101   102   103   104   105   106   107   108   109   110