Page 104 - WieEkIs Erin Nel
P. 104
Soos met die Israeliete wat uit Egipte die woestyn in is, leer ons
ook wie God is, wat gehoorsaamheid aan Hom behels, wat Sy
liefde vir ons beteken en hoe ons voor Hom moet leef. Hoe om
in ‘n verhouding met Hom te staan. En deel hiervan is om los te
kom van dit wat ons terughou en weghou van Hom af. Die
Israelitiete het eers werklik ‘n volk geword, afgesonder vir God,
met die uittog uit Egipte en die tyd in die woestyn. In hierdie
tydperk het God hulle identiteit in Hom kom vasmaak, gebou
op die verbond wat Hy eerstens gesluit het met Noag, toe
Abraham, gevolg deur Moses en toe met Dawid. Dis hier waar
Hy begin het om ons identiteit te herstel.
Hoekom het Hy ons hier geplaas?
God het Sy skepping so liefgehad. Ons lees in Genesis 1: “God
het gesien dit was goed”. God het ons geskep om in samesyn
met Hom te leef en om Hom te leer ken. Hy wil in ‘n verhouding
met ons wees waar liefde die grondslag is, ‘n verhouding waarin
ons mekaar geniet en fellowship (gemeenskap) het met mekaar
het.
In die begin het ons voorvaders so geleef, in harmonie en geluk
saam met God, elke dag. In Genesis 1:28 lees on dat God die
mens geseën het en gesê het: “Wees vrugbaar, en vermeerder,
en vul die aarde, en onderwerp dit.” En in vers 31: “God het
gekyk na alles wat Hy gemaak het en dit was baie goed”. Hy was
tevrede en gelukkig met dit wat Hy geskep het. Dit was goed.
Baie goed. Doelbewus geseënd en perfek geskep.
Johannes 3:16 sê: “Want so lief het God die wêreld gehad dat
99