Page 103 - WieEkIs Erin Nel
P. 103

Woestynland



            “And suddenly you know… It's time to start something new and
            trust the beauty of new beginnings.” - Meister Eckhart

            “Elkeen van ons word een of ander tyd uitgenooi na ‘n nuwe
            lewe. En jy kan kies om voluit vorentoe te gaan of vas te klou
            aan die verlede.” – Leef Tydskrif

            “Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in
            die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe
            die waarheid, die evangelie aan julle verkondig is.” – Kolossense
            1:5 (Nuwe Vertaling)

            Om deur ‘n woestyn te reis is om vir ‘n tydperk deur ‘n geharde
            en ongenaakbare terrein te reis met min vooruitsig na voeding
            en vertroosting.  Net so gaan ons ook deur ‘n geestelike reis
            deur die woestyn waartydens ons deur beproewinge om ons
            karakter te vorm en identiteit te vestig.

            Hier vat ek en jy nou Jesus se hand. Net Sy hand kan ons uitlei
            vanaf ons  plek  van seer  en  moedeloosheid  na dit wat  ons
            geskep is  om te  wees.  Ons  gaan nou net hier ons  bagasie
            agterlaat. Ophou om onsself dood te dra. Hier gaan ons onsself
            oorgee, om nuut te raak, heel te raak en weer ek te raak. Hier
            gaan die saad begin goei. In die pelgrimsreis deur die woestyn.
            Wat gebeur alles in die woestynland? In your desert journey?


                                          98
   98   99   100   101   102   103   104   105   106   107   108