Page 106 - WieEkIs Erin Nel
P. 106
Hierdie tipe verhouding is aan ons geillustreer in God se
verhouding met Adam, Henog, Noag en Moses – en natuurlik
ons heel beste voorbeeld – Jeusus. Die verhouding tussen God
die Vader en Jesus die Seun is in sy perfekte omvang hier aan
ons gewys. Die intimiteit, liefde en gehoorsaamheid aan God
het uit Jesus oorgevloei in sy bediening. Jesus se geestelike
outoriteit in die wonderwerke, genesings, uitdryf van bose
geeste en Sy liefde was as gevolg van Sy intimiteit, liefde en
gehoorsaamheid aan die Vader.
Dieselfde intimiteit is vir ons beskore, dieselfde verhouding,
dieselfde outoriteit in die Heilige Gees.
Wat behels hierdie verhouding?
Volgens Bill Johnson, senior pastoor by Bethel gemeente in
Redding, VSA, is die maklikste, tasbare voorbeeld hiervan om te
kyk na die huwelik. Die verhouding tussen man en vrou, die
huweliksverhouding.
Daar is ‘n verskil tussen die konsep van getroud wees en die
ervaring van getoud wees. Ek wil nie net in teorie weet dat ek
met my man getroud is en weet dat ek ‘n verhouding met hom
het nie. Om te weet van jou huwelik en om jou huwelik te
ervaar is totaal verskillend. Ek wil alles t.o.v hierdie verhouding
ervaar. Ek wil die huwelik in sy volheid ervaar: die fisiese,
emosionele, die verantwoordelikheid, die gesinslewe, die
moeilike tye en ook die geluk. Ek wil nie net weet dat dit daar
is nie, ek wil dit in wese ervaar. Ek wil my vrae, geheime en hart
kan deel.
101