Page 108 - WieEkIs Erin Nel
P. 108
Die hele Bybel is propvol verhale waar God kommunikeer met
individue en Sy uitverkore volk as geheel. Die Bybel self is ook
‘n verhaal van hoe God met die mens deur die eeue heen
kommunikeer het. Dit beskryf Sy plan vir die mensdom, die
verlossing en die ewige lewe hiernamaals. God se
kommunikasie kan gesien word reeds vanaf die skepping, in Sy
verhouding met Moses, Dawid, Salomo, die dissipels, Paulus,
reg deur tot na Johannes in Openbaring.
Juis oor hierdie liefdesverbond neem God ons deur die woestyn,
om sodoende nader aan Hom te beweeg. Om in verhouding
met God te leef vereis dat ons tyd saam spandeer. Hierdie tyd
is deur Bybellees, lofprysing en baie belangrik ook GEBED. Om
met God te kommunikeer deur ons woorde, ons hart in woorde
om te sit.
Hierdie is nie net om iets te doen nie, maar om daardeur by God
te wees. Om tyd saam te spandeer. Dit gaan nie net daaroor om
jou dagstukkie deur te lees en jou gebedsversoeke af te rammel
nie. So dikwels laat ons God net daar agter en ons dink ons het
ons godsdienstige plig vir die dag nagekom. Hierdeur probeer
ons om ons gewete te sus deur die dinge wat ons doen. ‘n
Verhouding met Hom gaan nie net oor die dinge wat ons vir
Hom doen nie. Hy wil hê dat ons soms net soos Maria by Sy
voete moet sit (Luk. 10:38-42). Ons moet ‘n slag net by Hom
wees, sonder om te voel dat ons iets moet doen.
Hierdie tyd saam gaan nie net oor praat en doen nie, hierdie tyd
behels praat én luister. Om ook net stil te raak in God se
103