Page 110 - WieEkIs Erin Nel
P. 110
die bloed van Jesus skoongewas te word, is die enigste en ware
manier hoe ek volkome vry sal wees. Neem my deur U heilige
vuur, reinig my hart en gees en verkwik my siel. (Ps 23: 3) Ek
smag om deel te wees van U uitverkore Bruid, om te stap in dit
wat U vir my in gedagte het en om vreesloos en vry te leef. In
Jesus se Naam, Amen.
God se beloftes
Matteus 5:4
“Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.”
Deuteronomium 31:6
“Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees, word nie verskrik
vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saammet jou trek,
Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.”
Hartsgedagtes
Beleef jy ook tans 'n wildernis of woestyn tydperk? Wat dink jy
is doel van hierdie tydperk tans in jou lewe? Sien jy waar God
besig is om te werk in jou lewe?
__________________________________________________
__________________________________________________
__________________________________________________
Hou jou verlede jou terug? Laat negatiewe ervaringe uit die
verlede jou voel dat jy nie God se liefde en genade verdien nie,
105