Page 114 - WieEkIs Erin Nel
P. 114

Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
            God het uitgereik met ‘n hand van verlossing in Sy genade vir
            ons, gedryf deur Sy liefde. God het Jesus uit die dood opgewek
            en Sy bediening en ewige koningskap daardeur bevestig. Hy het
            Sy werk op die kruis vir ewig laat geld en Jesus se mag oor die
            dood bevestig.  God se hartsbegeerte  was  om,  na al die
            mensdom  se konstante  sonde en wegdraai  van Hom  af,  ons
            steeds te verlos en terug te neem na Hom toe. Hy wou ons so
            graag  red, Hy  het Sy  eie  geliefde kosbare Seun  gestuur.  Die
            Koning van konings, die Een wat was en wat is en wat kom. Jesus
            wat alles weer nuutmaak. Jesus gaan alles weer laat terugkom
            na die begin. By die einde begin dit weer nuut. Hy gaan hierdie
            keer begin met diegene wat Hóm kies, alhoewel Sy begeerte is
            dat almal Hom sal kies.

            Deur die geskiedenis van die mensdom sien ons, die begin kom
            tot ‘n einde (Noag se vloed), dan begin dit en kom weer tot ‘n
            einde (wederkoms), dan weer ‘n begin. Die enormiteit van God
            se reddende liefde is so fassinerend. Sy liefde is die middelpunt
            waarom alles draai wat in ons mensdom se geskiedenis is en
            wat nog voorlê.

            Om hierdie verhouding van liefde met God te hê wil Hy ons kom
            heelmaak en ‘n nuwe, sagte hart in ons kom plaas. Hy wil die
            Heilige Gees aan ons kom gee. Ons gaan egter net heel word in
            Sy teenwordigheid, in Sy hand,  met Jesus as ons Liefde, ons
            Bruidegom.

            Dis fassinerend om te sien hoe ons almal se persepsies van wie
            Jesus is, soms verskil. Ons leer Hom ken in die sondagskool klas,




                                         109
   109   110   111   112   113   114   115   116   117   118   119