Page 118 - WieEkIs Erin Nel
P. 118
God finally calls His own bluff and does it. Jesus Christ is what
God does and the cross where He did it, is the central symbol of
the New Covenant faith."
Jesus as ons Bruidegom
Ja, ons as Sy Bruid. Om hierdie konsep beter te verstaan, moet
ons bietjie loer na Hooglied in die Bybel. Ek het ‘n geruime tyd
terug ‘n wonderlike wegbreek naweek beleef saam met Bridal
Love Ministries van Poppie Hauptfleisch, met die tema Kom gou,
my Liefling wat handel oor die diep betekenis van hierdie boek
in die Bybel. Daarom gaan ek van die fassinerende openbarigs
hier tussendeur weergee.
Ons as gelowiges is geroep as die verbondsbruid. Die Bruid wat
God uitverkies het vir Sy Seun. Dieselfde bruid waarvan daar
gepraat word in Openbaring 19:7, 21:2 en in Efesiërs 5 asook in
Jesaja 54:5. Waarvan 2 Korintiërs 11:2 dit pragtig sê: “Ek waak
oor julle met ‘n ywer wat van God afkom, want julle is soos ‘n
jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as bruid en wat ek
vlekkeloos na hom wil bring. Die man is Christus.”
Nuwe vertaling
Vreemde konsep vir die manne om hulself nou as ‘n bruid te
sien, maar hier moet in ag geneem word, dat dit beeldspraak is
en dat die huweliksfeesmaal van die Bruidegom dus met Sy kerk
(Bruid) gaan wees. Wie is die Bruid? Diegene wat rein en
vlekkeloos voor Hom lewe en ‘haarself’ reghou tot die
Bruidegom kom. Die Bruid KEN haar Bruidegom. Hierdie
intieme verhouding word kosbaar mooi saamgevat in Salomo
113