Page 121 - WieEkIs Erin Nel
P. 121

kan aflei nie. Ons moet dit elke dag oefen.

            Hooglied 4:12: “My beminde bruid is ‘n tuin wat toegemaak is,
            ‘n tuin met ‘n muur om, ‘n fontein wat afgekamp is.” Die bruid
            is ‘n tuin vol vrugte (vrug van die gees) wat omhein is net vir
            Hom, wat net Syne is. Hy verlustig Hom in haar geestelike groei
            en die geure wat die tuin vrystel. Hy is opgewonde oor die mooi
            in haar. Jesus het ‘n tuin geskep, dit is deel van Sy hartsbegeerte,
            dis hoekom een van die eerste dinge wat geskep was ook ‘n Tuin
            was, die Tuin van Eden. Jesus wil hê Sy Bruid moet wees soos ‘n
            vrugbare tuin, vol groen blare en vrug wat sy dra. Vrugte van
            liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,
            getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dit is immers die
            innerlike wat vir Hom belangrik is en nie die uiterlike nie. Die
            Bruid se vrugte is dus die uitvloeisel van haar intimiteit met
            Jesus.

            In Hooglied 5:1 sê die Bruidegom: “Ek het na my tuin toe gekom,
            my beminde bruid, ek pluk my mirre, my lekker-ruik kruie, ek
            eet my lekker vars heuning, ek drink my wyn en my melk. Eet,
            vriende, drink, word dronk van die liefde.”

            Hy sê elke keer MY mirre, MY wyn, MY heuning... dit is alles
            Syne. Hiermee vier Hy haar geestelikse groei en volwassenheid
            saam met Sy vriende.

            Sy het geslaap, alhoewel haar gees wakker was en sy Sy stem
            gehoor het. Hy het gesê dat sy beminde Bruid vir Hom moet
            oopmaak, dat Sy kop nat is van die dou (Tuin van Getsemane).
            Maar in Hooglied 5:3 sien ons dat dit vir haar moeisaam is en




                                         116
   116   117   118   119   120   121   122   123   124   125   126