Page 122 - WieEkIs Erin Nel
P. 122
dat sy skielik nie lus is om moeite te doen nie: “Toe sê ek: ek
het al uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het my
voete al gewas, hoekom moet ek hulle weer laat vuil word?”
Hier hoor ek darem baie myself. Hierdie is ‘n situasie waarmee
ons onsself dikwels kan vereenselwig. Ons wil nie doen wat God
van ons verwag nie, want dit is net te veel moeite of te moeilik.
In Hooglied 5: 6 lees ons dan dat Hy weg is: “Die man wat ek
liefhet het omgedraai en is weg!” Sy het spyt gekry, maar Hy
was reeds weg. Dan lees ons dat sy tevergeefs na hom roep en
soek. In hoofstuk 12 lees on van Sy geur oor haar. Hier word
simbolies oorgedra dat hoe meer tyd sy in Sy teenwoordigheid
spandeer hoe meer gaan sy Sy geur dra. Ons dra elkeen ‘n
unieke geur in die gees deur ons hart en gesindheid wat binne
ons is. Om hierdie geur in die gees te ruik is regtig besonders,
daarvoor moet ons reuk sintuig oop wees.
Die bruid en bruidegom gaan voort om mekaar met liefkosings
te oorweldig “Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat
geniet kan word.... Hou my teen jou soos ‘n seëlring op jou bors,
soos die seëlring aan jou arm.” Hy kom hier as ‘n verliefde
Bruidegom en die bruid se oorgawe steel Sy hart en Hy verlustig
Hom in haar.
Daar is soveel in hierdie pragtige boek wat ontdek kan word. Ek
het maar ‘n paar punte uitgelig, so gaan lees bietjie deur
Hooglied en vra die Heilige Gees om meer van God se karakter
en Jesus se liefde vir jou hier duideliker te maak want dit is te
kosbaar om op uit te mis!
117