Page 117 - WieEkIs Erin Nel
P. 117

voorkoms dat ons van Hom sou hou nie.

            Wat het mense na Jesus aangetrek?


            Ons moet dieper kyk, want die sleutel lê in hoe Jesus op aarde
            was. Mense het na Hom gestroom omdat Hy hulle plek van vry
            word was, hulle plek van vrede en liefde. Waar Jesus was, was
            vreugde en genade. Jesus was beskikbaar vir diegene rondom
            Hom, enigeen van ‘n belasting gaarder, Fariseër tot visserman.
            Jesus was vreesloos en het volgens Johannes aarde toe gekom
            in waarheid en genade. ‘n Uitvloeisel van God se liefde, wat Hy
            aan ons voorgehou het ten spyte van die feit dat ons dit nie
            verdien nie. God het Homself aan ons openbaar in ‘n persoon.
            Die God-man, Jesus van Naseret, in Galilea. God was in Christus,
            om die wêreld tot Homself te versoen.

            Baie mense vind Jesus se Godheid en die Vader se liefde steeds
            ‘n baie  vreemde  konsep.  George  Buttrick wat as kapelaan
            gewerk het by Harvard skryf dat baie van  die  studente in sy
            kantoor sou inkom en sê: “Ek glo nie in God nie.” Buttrick sou
            dan sê: “Sit, en vertel my wat behels hierdie God waarin jy nie
            glo nie. Ek glo seker ook nie in daardie God nie.” Dan sal hy hulle
            vertel van Jesus, die regte maatstaf van alle aannames oor God.

            God hernu die verbond wat destyds in liefde met ons voorvader
            gesluit is, met die nuwe verbond, waar Jesus se kruisdood die
            sentrale kern is. Frederick Beuchner sê “It is not the idea that
            God loves the world enough to bleed for it but the claim that He
            is actually putting His money where His mouth is. Like a father
            saying about his sick child, I'd do anything to make you well,



                                         112
   112   113   114   115   116   117   118   119   120   121   122