Page 119 - WieEkIs Erin Nel
P. 119
se Hooglied boek, wat baie dieper is as wat dit op die oog af lyk.
Hier leer ken ons God se hart as die Minnaar (The Lover), ‘n God
wat keer op keer na ons kom sóék, ons oorlaai met opregte
liefde en wat ons vryheid gee, selfs al kos dit die dood van Sy
eie Seun. ‘n God wat kwesbaar is, wat hartstogtelik uitreik na
ons. Elke keer. ‘n God van liefde. Van Genesis tot Openabring is
dit deurlopend hoe God roekeloos van begeerte is om Sy
verbondsvolk terug te kry.
1 Johannes 4:8-10 sê: “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken
nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God tot ons
geopenbaar, dat Hy Sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur
het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat
ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy
Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. ”
Daar is soveel dimensies tot die Skrif, dat ons elke jaar nog
soveel meer leer. So is dit ook met Hooglied. Op eerste
oogopslag lyk dit na ‘n paar liefdesliedere tussen man en vrou,
maar sodra ons dieper delf sien ons dat dit ‘n dieper dimensie
is tussen Jesus as ons Bruidegom en Sy Bruid.
Hooglied
In Hooglied 1:4 nooi Hy ons uit om na Hom te kom. “Die koning
het my na sy binnekamers gebring.” Hy nooi ons uit tot
intimiteit met Hom. “Wys my jou gesig, laat hoor my jou stem.
Jou gesig is lieflik, jou stem strelend” (Hooglied 2:14). So wil
Jesus ook met ons omgaan. Hy wag vir ons om by Sy voete te
kom sit sodat ons Sy gesig kan aanskou en Hy ons s’n, sodat ons
114