Page 115 - WieEkIs Erin Nel
P. 115

in die Kinderbybel prentjies. Ons leer Hom ken deur die oë van
            medegelowiges en dan is daar nog ook die rolprente wat van Sy
            lewe en bediening gemaak is. Die prentjie verskil meestal. Wat
            is jou prentjie van Jesus? Het Hy wit hare, bruin hare of dalk
            swart hare? Is Hy kort of lank? Is Sy gelaat vriendelik of ernstig?
            Voel ons bietjie skepties as ons medegelowiges hoor sê: “Die
            Here het by my kom staan en vir my gesê...” Laat dit ons onseker
            voel? Of verward in ons  eie verhouding  met  God?  Minder
            geestelik of dat ons uitmis op iets? Bloot omdat ons ons eie reis
            met God vergelyk met ander?


            Die belangrikste vraag


            Die belangrike vraag is: KEN jy Hom?

            Ken jy Hom op so ‘n diep manier, dat jy nie jou verhouding met
            Hom hoef te vergelyk met diegene rondom jou se verhouding
            met God nie? Laat hierdie kwessie jou eerder uitnooi om Hom
            meer en meer te soek, om Hom te ken. Soos Hy Homself aan
            jou wil openbaar. Want God openbaar Homself nie aan almal
            op dieselfde manier nie.

            As ons kyk na karakters uit die Bybel soos Moses, Josef, Daniel
            en Paulus, is dit baie duidelik dat God Homself op verskillende
            maniere aan elkeen openbaar het. Soms aanvaar ons Jesus se
            bediening, beloftes en getuienis onvoorwaardelik  as  die
            waarheid en ander tye vind ons dat ons twyfel aan die Godheid
            van die Man wat meer as 2000 jaar gelede in Israel geleef het.
            Hoe oorbrug  ons  hierdie afgrond tussen twyfel  en
            onvoorwaardelik glo in liefde?



                                         110
   110   111   112   113   114   115   116   117   118   119   120