Page 120 - WieEkIs Erin Nel
P. 120
mekaar intiem kan leer ken. Die tyd van afsondering (winter) is
verby en die lente (liefdestyd en nuwe seisoen) het aangebreek.
“My beminde is myne, en ek is syne...” (Hooglied 2:16). Hier wys
die Sulamitiese bruid dat alles wat sy is, nou aan hom behoort,
en alles wat hy is, is hare. Jesus nooi ons im in ‘n dieper,
intiemer verhouding met Hom te staan. Om by Hom stil te raak
en ons hart voor Hom leeg te maak, skoon te maak en om rein
voor Hom te kom deur die seisoene in ons gestelike wandel. Die
Koning nooi ons na Sy kamer om afgesonder te wees vir Hom in
ons plek van intimiteit.
In hoofstuk 4:1-3 is die Bruidegom ons Tuinier en die Bruid is ‘n
tuin. Hy beskryf haar fisiese voorkoms: “Jy is mooi, my liefling”.
Hy wys hoe Hy haar rééds sien “Jou lippe is soos skarlakenrooi
lint, jou mond bekoor my. Die versiersels om jou voorkop is soos
granaatpitte agter jou skuier.” Dit is so intiem en kosbar dat die
Bruidegom met soveel sentiment oor die Bruid praat. Haar
intimiteit in Hom groei en haar gees word meer en meer
sensitief vir Hom. Die granaat is simbolies van die Bruid. Die
Bruid se vrug van liefde vloei uit haar intieme tyd saam met die
Bruidegom en haar granaat liefde bekoor Hom.
“Jy het My hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart
gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel in die ketting
om jou hals.” Die bruid het die stryd oorwin, en haar oë net op
Hom gehou. Enkelvisie, soos duifoë. Onafleibare fokus op Jesus.
Om duifie oë te hê vir Jesus ons Bruidegom is iets wat baie na
aan Sy hart lê. Dit stel die Bruid in staat om doelgerig te wandel,
waar Sy visie háár visie word en niks haar gedagtes van Hom
115