Page 123 - WieEkIs Erin Nel
P. 123

Gebed


            Vader God, ons kragtige hemelse Vader (Elohim), dankie dat U
            na ons uitreik met ‘n hart van liefde, dat U my ook sien, liefhet
            en na ‘n verhouding met my smag. Ek begeer met my hele hart,
            siel en verstand om U lief te hê (Matt 22:37), om ‘n lewende
            verhouding met U te hê. Dit is  so  wonderlik dat U  ‘n bruid
            spesiaal vir U Seun uitverkies het, maak my hart rein voor U dat
            ek hierdie belofte en seëning nooit gering ag en die feesmaal
            eendag mis nie. Ek wil U aangesig sien, elke dag en myne voor
            U bring, uit liefde, respek en gehoorsaamheid. Want, ek het U
            lief O Heer! In Jesus se Naam, Amen.


            God se beloftes

            Hooglied 1:4 (Nuwe vertaling)
            “Kom ons juig, kom ons wees vrolik oor jou!”




                                         118
   118   119   120   121   122   123   124   125   126   127   128