Page 128 - WieEkIs Erin Nel
P. 128

gevul met alles wat mooi, waar, edel, rein en goed is. Daar kan
            geen plek  wees  vir  hoogmoed, trots,  rebellie  en eie-ek
            gesindhede  nie.  Ons moet  die  hartgesindheid van ons
            Bruidegom weerspieel, daarom vra die Psalmdigter dat God sy
            hart moet deurgrond  en toets  om te  kyk of daar  nog  enige
            ongeregtigheid in hom is.

            Wat behels jou hart? Hierdie is dinge wat in jou innerlike mens
            weerspieël word, soos jou denke, emosies en gevoelens. Dit is
            hoe  jy reageer  teenoor  mense, situasies  en  God. Hetsy
            vriendelik,   jaloers,   nederig,   geïriteerd,   ongeduldig,
            vredeliewend of liefdevol.

            Ons elkeen het 'n behoefte aan innerlike genesing en heel word.
            Om die ou mens agter te laat en in vryheid, heiligwording en
            waarheid te leef. “Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die
            binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
            Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek
            witter kan wees as sneeu.” (Psalm 51:8-9)

            Ons moet daagliks voor God kom en ons harte ondersoek, en
            om ons hart  te  ondersoek beteken nie  om onsself in
            negatiewiteit te kasty nie, maar om 'n hart van belydenis te hê.
            Dit beteken om ons sonde voor God te bring en om vergifnis te
            vra daarvoor. Dit is dan wanneer ons deur die bloed van Jesus
            skoongewas word van die sonde in ons harte - alles deur die
            groot genade van Abba God ons hemelse Vader, wat genadig en
            barmhartig is.

            Dawid was 'n man na God se hart, want alhoewel Dawid baie




                                         123
   123   124   125   126   127   128   129   130   131   132   133