Page 133 - WieEkIs Erin Nel
P. 133

Die verskil tussen ons perspektief en God s’n


            Ons perspektief is wat ons in ons onmiddelike raamwerk sien
            en kan verwerk, soos  om  by  ‘n  venster  uit te kyk.  God  se
            perspektief aan die ander kant is wyer as die venster. Hy sien
            die venster, die huis waarin die venster is, asook die groot area
            waaroor die venster uitkyk – die panoramiese uitsig.

            God  se  perspektief het  ‘n  patroon,  ‘n  vasgestelde tydlyn,
            waarteenoor ons  perspektief beperk, uit  fokus  en soms
            deurmekaar voorkom. ‘n Hemelse perspektief is dus die groot
            panorama prent van die klein venster uitsig. Hierdie perspektief
            vra geloof, hoop en gehoorsaamheid.

            Met die vernuwing van denke moet ons God ook vra om ons
            gedagtepatrone van ouds te verander en te her-programmeer.
            Die  vooropgestelde idees  wat vasgestelde maniere  van  dink
            kom neerlê het. Hierdie is denke wat die teenoorgestelde is van
            wat God in Sy Woord oor on sê. Dis denke wat ons negatief en
            deppressief laat - leuens rég uit die hel. Denke soos: ek kan nie,
            ek is te bang, ek is nie goed genoeg nie, ek is nie geliefd en
            waardevol nie, ek het te veel sonde, God hoor my nie, God gee
            nie om nie, ek het nie ‘n doel nie.

            God moet ons denke kom vernuwe en ons moet leer om ons
            denke in Christus Jesus gevange te neem, sodat die “ek kan nie”
            kan vernader in “ek kan alles doen deur God wat my krag gee.”
            Of “God sien nie my hartseer raak nie” na “daar is geen skepsel
            onsigbaar voor Hom nie en elke mens se weë is oop voor die
            Here.” (Hebr. 4:13. Nuwe vertaling.) Ons denke is die setel van



                                         128
   128   129   130   131   132   133   134   135   136   137   138