Page 136 - WieEkIs Erin Nel
P. 136

jou hart is.

             2.  Verwyder:
                 Vra God om die hierdie donker plekke wat nog in jou hart
                 is te  kom  uithaal  –  uit jou denke,  houdings,  reaksies  en
                 oortuigings.   Byvoorbeeld      onvergewingsgesindheid,
                 jaloesie bitterheid of ‘n verharde hart.

             3.  Waarheid:
                 Vervang die leuens wat jy oor jouself glo met dit wat God
                 in Sy Woord oor jou sê. Spreek dit.
                 Byvoorbeeld:
                      God is lief vir my – “want so lief het Hy die wêreld
                        gehad.” (Johannes 3:16).
                      Ek is God se beminde – “My beminde is myne en ek
                        is syne.” (Hooglied 2:16)
                      Ek is  belangrik vir God  –  “En Ek sal  My  met jou
                        verloof tot in ewigheid.” (Hosea 2:18)
                      My saak is belangrik vir God – “Die Here sal vir julle
                        stry.” (Eksodus 14:14)
                      God is getrou om my sonde te vergewe – “As ons
                        ons  sondes bely, Hy  is getrou en regverdig,  Hy
                        vergewe  ons  ons sondes en  reinig ons  van  alle
                        ongeregtigheid.” (1 Johannes 1:9)

             4.  Nuwe denke:
                 Vra  God  om  verkeerde gedagtepatrone te  vervang  met
                 nuwe denke en oortuigings.
                 Byvoorbeeld:
                 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee!”




                                         131
   131   132   133   134   135   136   137   138   139   140   141