Page 140 - WieEkIs Erin Nel
P. 140

Om te besef wie ons is, is inherent om te besef wie ons ín God
            is en dat alles wat ons is, doen, dink en hoe ons leef; alles vír
            God is.

            God het deur Jesus alles geskep wat in die hemel en op aarde
            is. Alles is deur Hom en vír Hom geskep. Ons lewensdoel is veel
            meer as om te wonder oor ons pad na geluk en persoonlike
            vervulling.  Soos ons reeds  aan  die begin gesien  het,  is  ons
            uitsluitlik hier op aarde geplaas deur God en vir God, vir ‘n doel.
            Sý doel.

            Dit beteken beslis nie dat ons nou nie vir God belangrik is nie!
            God se  onbaatsugtige liefde  het gemaak  dat Hy  Sy  enigste,
            geliefde Seun gestuur het sodat ons versoen kan wees aan Hom.
            In ons poging om ook tot God se liefde uit te reik bewys ons dus
            hierdie onbaatsugtige liefde terug,  deur  ‘n  Vader-gefokusde
            liefde vir Hom te handhaaf. Uit liefde, nie uit plig. Omdat ons
            wil, nie omdat ons móét nie.

            God het aan ons elkeen ‘n unieke doel en roeping gegee, wat in
            Sy perfekte plan vir ons en vir die mensdom pas. Aangesien ons
            beplan was nog  voor  ons  in  die  moederskoot  aanmekaar
            geweef is, en God ons toe al geken het, kan ons glo dat God
            reeds toe al Sy plan vir ons elkeen gehad het.

            Om ons doel en betekenis in die lewe te verstaan begin ons
            gewoonlik by die verkeerde plek, by onsself. Ons was al elkeen
            hier, ons het gewroeg oor hoe ons suksesvol kan wees in die
            wêreld, hoe ons ‘n impak kan maak en hoe ons ons ambisies in




                                         135
   135   136   137   138   139   140   141   142   143   144   145