Page 143 - WieEkIs Erin Nel
P. 143

Daarom moet ons enigste doel op aarde wees om tot eer van
            God te leef, om Sy wil te doen en in verhouding met Hom te
            wees.  Die  hoeveelheid tyd en vlak van  ons gehoorsaamheid
            gaan bepaal hoe ons verhouding met Hom gaan groei. Ons is
            hier op aarde geplaas om ‘n saak groter as ons self te bevorder.

            Soos ons deur die boek gewerk het, kon ons die Israeliete se
            geestelike groei proses waarneem vanaf hul uittog uit Egipte,
            deur die Rooi See, deur die woestyn, tot hulle uiteindelik die
            beloofde land betree het.


            Wat beteken hierdie Beloofde Land?


            Anders as die Israeliete wat Kanaan ingeneem het, hul Beloofde
            land, is ons weergawe nie ‘n fisiese land nie, maar ‘n geestelike
            plek in ons  verhouding met God. Dit is die plek van God se
            teenwoordigheid. Dit is ‘n lewe van intimiteit waar jy God van
            aangesig  tot  aangesig ontmoet, elke dag.  Dit is ‘n lewe van
            oorwinning oor sonde, siekte, vervolging en dood (Romeine 8).
            Dit is ‘n lewe van wonderwerke. Dit is ‘n lewe gevul met die
            heerlikheid van God.

            Iemand uit die Bybel wat gereeld hier vertoef het was Moses.
            Soveel so, dat sy gesig ‘n helder gloed gehad het van God se
            glorie,  wat hy  moes bedek  wanneer  hy  van God se
            teenwoordigheid teruggekeer het na die volk. God se aangesig
            is vir ons elkeen  beskore,  daarom  het  God opdrag gegee in
            Numeri 6:24 dat Aäron die volk moet seën met die woorde:
            “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal Sy aangesig



                                         138
   138   139   140   141   142   143   144   145   146   147   148