Page 148 - WieEkIs Erin Nel
P. 148

Ek  wil  soos Petrus en  Paulus leef;  vanuit  ‘n  plek van  my
            geestelike erfporsie, met alles wat my erfporsie behels! Petrus
            kon verby mense stap en selfs sy skaduwee kon mense gesond
            maak; en Paulus kon ‘n sakdoek/lap stuur waarop die salwing
            was, en selfs  dít kon  mense gesond maak.  Die  Gees  se
            teenwoordigheid het letterlik  uit hulle gevloei  soos  lewende
            water.  Soos  hulle,  moet ons  begeerte  ook wees  om God se
            hande en voete op aarde te wees; waar ons onder die salwing
            van die Heilige Gees hemel op aarde kan laat kom.

            Want God alleen is die krag agter wonderwerke en harte wat
            verander en liggame wat genees. Om die hemel op aarde te laat
            kom moet ons ‘n lewensveranderende verhouding met God hê,
            en vanuit ‘n plek van intimiteit saam met Hom werk.



















            Gebed


            O Liefde van my lewe, God van my hart. Ek buig vandag voor U
            en bring my gees, siel en liggaam onder U hand. Was my skoon



                                         143
   143   144   145   146   147   148   149   150   151   152   153