Page 149 - WieEkIs Erin Nel
P. 149

in die kosbare bloed van Jesus Christus my Messias. Reinig my
            denke,  my emosies, verstand en liggaam van  dit wat U  nie
            behaag nie. Berei my voor vir U koms, dat ek deel kan wees van
            U Bruid (Openb. 19:7), iemand vir wie U kén en iemand met wie
            U ‘n intieme hartsverhouding het. Sodat ek nie buite sal bly nie,
            maar dat U sal sê U ken my, want ek behoort aan my Geliefde
            en Hy is myne! (Hooglied 2:16). Amen.

            God se Beloftes


            Efesiers 1:18
            “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder en dat julle kan weet
            watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die
            heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het.” (Nuwe
            Vertaling)


            Hartsgedagtes

            Watter praktiese keuses kan ons maak om in ons daaglikse lewe
            nader aan God te beweeg?

            __________________________________________________



            Het ek my beloofde land in my verhouding met God bereik?
            __________________________________________________



            Wat in my denke en hart het verander nou dat ek weet dat alles
            eintlik oor God gaan?



                                         144
   144   145   146   147   148   149   150   151   152   153   154