Page 151 - WieEkIs Erin Nel
P. 151

Kom uit daardie gemaksone!



            “The most radical thing you can do today is to believe what God
            says about you, and then live like it is true.” – Bob Hazlett

            Elkeen  van  ons is geroep  vir IETS.  Waarvoor  is  jy geroep?
            Gasvryheid, profesie, intersessie, of om mense te bemoedig, te
            leer, om te evangeliseer? In God se teenwoordigheid vind ons
            uit waarvoor ons geroep is. Hy lei ons stap vir stap op hierdie
            ontdekkingsreis.

            Ons dien ‘n kreatiewe, skeppende God, daarom word Hy ook
            die Skepper genoem. Daarom is skeppingsvermoë ook in elkeen
            van ons geplaas, want ons is na die beeld van God geskape. Sy
            identiteit is in ons DNA.

            Wat hoor jy van die Heilige Gees?
            Vir wie moet jy bid en intree?
            Vir wie moet jy gaan bid vir genesing?
            Vir wie moet jy bemoedig?
            Is daar bejaardes of kinders wat jou na aan die hart lê?
            Is bak en brou jou passie?
            Is daar ‘n groep mense vir wie jy kan bedien met jou gawe van
            gasvryheid?
            Wil jy in die gemeenskap en kerk hand bysit met teeskink?
            Kosmaak vir ‘n geleentheid?
            Want glo my, jy gaan seën ervaar waar jy bedien!



                                         146
   146   147   148   149   150   151   152   153   154   155   156