Page 155 - WieEkIs Erin Nel
P. 155

Epiloog



            Gedurende die skryf van hierdie boek het ek regtig menigmaal
            gevoel en besef dat hierdie boek vir mý, sowel as ander wat God
            rondom my gaan sit geskryf word. Hierdie pelgrimsreis was vir
            my net so ‘n enorme leerskool in die gees as wat dit vir baie
            ander sal wees.  Juis omdat  hierdie boek  handel oor  ons
            identiteit in God en wie ons is, het die satan my BAIE hierop
            kom konfronteer. Ek het baie trane gehuil, ure in aanbidding
            spandeer,  die  Here se  aangesig gesoek  en baie  geestelike
            oorlogvoering gedoen. Oorlogvoering vir myself en vir diegene
            van julle wat die boek gaan deurwerk en die bediening gaan
            bywoon. Ek kon toe meer as ooit agterkom hoe sag, teer en
            dringend God se vaderhart vir ons elkeen is en hoe aggresief
            die satan ons wil ondermyn in ons verhouding met ons hemelse
            Vader.

            Hierdie was nie net om Sy boek te skryf nie, hierdie was ook my
            reis tot dieper ontdekkings, liefde, soeke na wie ek is. Bowenal
            was grond voorberei vir die gebroke harte wat gaan heel raak
            en terugdraai na God. Die Bruid se hart gaan weer sag word, lief
            word en brand van passie vir haar Bruidegom!

            “Die Man wat ek  liefhet, praat,  hy  sê  vir  my: ‘Staan op,  my
            liefling, my mooiste, kom na My toe!” (Hooglied 2:10)








                                         150
   150   151   152   153   154   155   156   157   158   159   160