Page 152 - WieEkIs Erin Nel
P. 152

Is jy lief vir skilder, teken of skep in verskeie mediums?
            Is jy soos ek passievol oor skryf?
            Is jy passievol oor musiek en sing en lofprysing?
            Is jy lief vir musiekinstrumente? Waar kan jy bedien met jou
            musikale gawe?

            God het hierdie gawes met ‘n doel aan ons gegee, om Hom te
            dien en die liggaam van Christus tot seën te wees, so ons mag
            dit nie onder ‘n maatemmer wegsteek nie.

            Kreatief:
            Bid en vra dat die Heilige Gees virjou ‘n prentjie wys wat jou
            identiteit simboliseer. Hierdie prentjie gaan jy nou kreatief aan
            mekaar sit deur ‘n collage! Moenie die Heilige Gees onderskat
            nie! Onthou ons God is die ontwerper van kreatief, so verwag
            enigiets unieks!

            Ons moet leef met ‘n doel. Om doelbewus te leef is om God te
            behaag. Hiermee  vind  ek  en  jy ons  plek  in die liggaam  van
            Christus.

            Hoe leef ons  hierdie  Godgeskape doelgerige  lewe?  Om ons
            lewensdoel onderhewig aa God te stel, sodat Hy vir ons kan lei
            en kan wys of dit regtig van Hom afkomstig is en Sy hart vir ons
            is.

            Hierdie doel sal die rigting van ons lewe bepaal, en ons in God
            se  wil laat wandel  in stede van  ons eie.  Dit gaan  die term
            “sukses” ‘n nuwe dimensie gee. Ons gaan sien hoe sukses in
            God se oë lyk in teenstelling met die hoe die wêreld sukses sien.




                                         147
   147   148   149   150   151   152   153   154   155   156   157