Page 147 - WieEkIs Erin Nel
P. 147

Christus Jesus. Galasiers 4:7 sê: “Jy is dus nie meer ‘n slaaf nie;
            jy is ‘n nou’n kind van God. En omdat jy Sy kind is, het God jou
            ook Sy erfgenaam gemaak.” (Nuwe Vertaling) As kinders van
            God moet ons dissipels wees en dissipels maak, ons moet die
            wêreld terugneem wat die satan van ons gesteel het. Ons het
            ‘n hemelse erfenis wat ons kan en móét gebruik vir ons Vader
            se  koninkryk want met  ons  hemelse erfenis  het  ons dus  ‘n
            geestelike  erfenis ook gekry! Nie  om aan  vas te  hou  en vir
            onsself te hou nie, maar om aan te wend tot ons roeping in die
            liggaam van Christus.

            Hoe verkry ons hierdie erfporsie so reg uit die hemel? Sodra ons
            Jesus as ons verlosser aanneem en wedergebore raak verkry
            ons déúr Christus Jesus ons erfenis. Petrus skryf: “Nou het ons
            ‘n  lewende  hoop  op  die onverganklike, onbesmette en
            onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring
            gehou word.” (1 Pet. 1:3-4, Nuwe Vertaling)

            As jy wedergebore is, het jy ‘n kroon op jou kop. Ons is deel van
            die Koninkryk van die hemel. Aangesien ons nou ergfename in
            Christus is, het ons dus ook nou wettige reg tot al die skatte,
            seëninge en outoriteit wat die hemelse Koning ons gee. Ons het
            dit rééds. Die  stoorkamers  is  propvol, want die  hemel het
            oorvloed!

            Wat behels hierdie geestelike erfporsie? Ons wil elkeen nie net
            bewus wees van hierdie erfporsie nie, maar in ons harte wil ons
            dit eintlik lééf ook. Ons leef dit deur saam met die Gees in ons
            roeping te stap en hierdie beginsels toe te pas in ons daaglikse
            bestaan.




                                         142
   142   143   144   145   146   147   148   149   150   151   152