Page 144 - WieEkIs Erin Nel
P. 144

oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal Sy aangesig
            oor jou laat skyn en jou genadig wees.” Die volk het seën en
            guns geniet as gevolg daarvan dat God se aangesig oor hulle
            was. Deur die geskiedenis van die mensdom heen sien ons hoe
            God op ‘n missie is om hierdie aangesig-tot-aangesig intimiteit
            te herstel wat ons verloor het deur sonde. God het herhaaldelik
            uitgereik na Israel om hierdie band te herstel. Ongelukkig het
            hulle (net soos ons) telke male hierdie Goddelike uitnodiging
            gemis.

            Om hierdie vlak van intimiteit met God te hê, om Jesus as ons
            Bruidegom te ken, neem voortdurende belydenis van sonde.
            “Bekeer julle,  want  die koninkryk van die hemel  het  naby
            gekom.” (Matt. 4:17) Ons moet nie ons sondes bely uit dwang
            nie, maar juis omdat ons wíl, omdat ons líéf is vir God en rein
            voor  Hom wil  leef  in intimiteit  met Hom wil  leef.  God  se
            hartsbegeerte vir  ons elkeen is  om vernuwe  te word in die
            glorie van Sy teenwoordigheid.

            Wanner ons kyk na die uittog uit Egipte kan ons sien dat God se
            plan om die Israeliete te bevry nie die enigste oogmerk was nie.
            Die doel was die transformasie van die volk, om aan hulle ‘n
            nuwe identiteit te gee deur die verbond wat met hulle gesluit
            is. Waar op aarde sal ons anders lees van meer as ‘n 1 miljoen
            slawe wat net skielik ‘n uittog maak uit hul land van slawerny.
            Dit kan net God se hand van genade en liefde wees, omdat Hy
            smag na Sy verbondsvolk, om intimiteit met hulle te hê.

            Glo ons dat alhoewel God alles van alles en almal weet dat Hy
            wel nie almal kén nie? Om iemand te ken moet jy ‘n verhouding




                                         139
   139   140   141   142   143   144   145   146   147   148   149