Page 141 - WieEkIs Erin Nel
P. 141

die lewe kan volbring. Alles vanuit die verkeerde Ek-perspektief.
            Geen wonder ons kon nie werklik sin maak hieruit nie, angesien
            ons nog altyd onder die indruk was dat ons vir onsself geskep
            is. Ons kan wel suksesvol wees, maar selfs dan steeds God se
            doel en roeping oor ons lewe mis.

            Dink net daaraan hoe dit sou voel as God aan die einde van jou
            en my vir ons sou verduidelik wat ons roeping en doel was en
            dat ek en jy dit heeltemal gemis het! My skeppingsdoel gemis!
            Ek dink my hart sou breek. Ek is nog nie waar ek móét wees ten
            opsigte hiervan nie,  maar  ek  is  darem  oppad  om my
            skeppingsdoel te leef.

            Hoe voel jy?
            Leef jy vir jouself of leef jy jou skeppingsdoel?

            Ons kan slegs ons identiteit ontdek deur ‘n lewende verhouding
            te hê met Jesus Christus ons Messias. Jesus is die aangesig van
            God, en dit is híér waar ons wil leef, in God se teenwoordigheid.
            As ons ons doel  ken,  het ons  lewe  ‘n  fokus, betekenis  en
            dryfkrag. Dan leef ons nie net om ons merk te maak nie. Ons
            leef om ‘n ewigheids-impak te maak. Dit wat ons op aarde doen
            kan ‘n rippel-effek tot in die ewige lewe hê.

            ‘n Bekende aanbiddingsleier het eenmaal vertel dat die Here
            hom gewys het  dat al die  siele  wat aangeraak is  deur  sy
            bediening, te danke is aan hul huishulp uit sy kinderdae. Hierdie
            huishulp het gedurig vir hom gebid en hom behandel met die
            liefde van God. Sy het nie geskroom om hom vas te hou en te
            vertel van God se liefde nie. Jare later het hy tot wedergeboorte




                                         136
   136   137   138   139   140   141   142   143   144   145   146