Page 146 - WieEkIs Erin Nel
P. 146
Wanneer ons alleen staan, bang is en hulpeloos voel. Dit is
daardie woestyn tyderk, winter van die hart of die donker nag
soos dit soms bekend staan. Soos ons vroeër gelees het, is dit
deel van die proses.
Dan moet ons fokus op God se beloftes:
Dat God net goed is en vir ons sorg.
Dat God tot alles in staat is en niks vir Hom onmoontlik is nie.
Dat God in beheer is.
Dat God my sal red.
Dat God ‘n plan het vir my lewe.
Dat God my liefhet met ‘n ewige liefde.
Ons is geskep met ‘n inherente begeerte, ‘n leemte wat net God
in ons binnete kan vul. Net ‘n intieme verhouding met Hom kan
ons vervul omdat God ons geskep het om te smag na liefde. Net
Sy liefde is volmaak, perkfek en onveranderd. As ons ons hart
ondersoek en God toelaat om ons leemte en begeerte met Hóm
te vul, sal ons daardie intimiteit en diep verhouding met Hom
hê.
Die begeerte van die Bruidegom is om ‘n Bruid te hê wat ‘n
enigste-liefde hart vir haar Bruidehom het. Dit is God se
hartsbegeerte vir die Bruid van Sy Seun en daarom help die
Heilige Gees ons stap vir stap in hierdie rigting AS ons die Gees
toelaat.
Hemelse erfenis
Deel van ons nuwe identiteit is dat ons nou erfgename is in
141