Page 142 - WieEkIs Erin Nel
P. 142
gekom, en vandag bedien hy duisende mense. Sy het één lewe
aangeraak wat weer ‘n impak op dúísende lewens gehad het.
Abraham Lincoln het ook besef God sou tog seker nie ‘n wese
soos die mens geskep het om net ‘n dag lank te bestaan nie!
Nee, nee, die mens is vir onsterflikheid gemaak. Wanneer ons
ons skeppingsdoel ontdek, leef ons nie net vir nou nie. Ons
besef dat wat ons ookal doen, ‘n impak het tot in die ewige lewe.
Wat behels dit om vir ewig te lewe? Dis om onsterflik in die gees
te wees, om in die hemel saam met God te wees vir altyd en
altyd en altyd. Daarom is dit belangrik om ‘n hemelse
perspektief op aarde te kry.
Hemelse perspektief
Ons moet leef vanuit ‘n ewigheidsperspektief en besef dat ons
tydjie op die aarde uiters belangrik, maar slegs tydelik is. Die
aarde is net ons tydelike woonplek.
Hoe fantasties is dit nie! Om ons oë te vestig op die dinge wat
daar bo is in plaas van dit wat fisies rondom ons is. Om te besef
dat ons ewige tuiste volmaak, sonder pyn, vol liefde en
asemrowend mooi is, maak die vooruitsig na ‘n hemelse
perspektief soveel makliker.
Het jy al ooit bietjie nagedink hoe dit in die hemel gaan lyk? Die
water, kleure, geure, musiek, diere, tuistes en hoe dit moet voel
om heeltyd net in God se glorie en teenwoordigheid te leef! Die
aarde is maar skadu van dit wat vir ons wag daarbo. Wat ‘n
vooruitsig!
137