Page 145 - WieEkIs Erin Nel
P. 145

met daardie persoon hê, tyd saam spandeer en hart tot hart
            kan gesels. Dit is wat aardse verhoudings onder andere behels
            en dit is ook wat ‘n verhouding met God behels.
            Dit  is  ‘n persoonlike en intieme verhouding. Om  deur  God
            gekén te word is die belangrikste ding op hierdie aarde. En God
            se Vaderhart smag daarna om elkeen van ons persoonlik te ken
            in liefde.

            Daar  is niks  meer  kosbaar  op  hierdie  aarde om God  se
            teenwoordigheid te ervaar en die uitnodiging te aanvaar om
            God te ken en deur God geken te word nie. Om hierdie rede is
            ons geskep en is ons gered. Ons is geskep om gedurig in God se
            teenwoordigheid  te leef, maar die  sondeval het  hierdie
            intimiteit verbreek. Jy is so na aan God soos wat jy wíl wees.

            Hoe bou ons intimiteit?
            Deur gehoorsaamheid.
            Deur skuldbelydenis en om vergifnis vra.
            Deur tyd saam met God te spandeer, in gebed en lofprysing.
            Deur tyd in God se Woord te spandeer en dit te oordink.
            Deur met oorgawe vír God te leef.

            Daar is  ook  die kwessie  van hoe  ons op  God  en Sy
            teenwoordigheid  konsentreer wanneer Hy  afsydig  voel.  Wat
            ons moet onthou is dat God steeds God bly en liefde is, maak
            nie saak hoe óns voel nie. Om gehoorsaam en getrou te bly
            wanneer dit goed gaan in ons lewens is mos baie makliker. Maar
            die toets en uithouvermoë kom juis wanneer ons deur hartseer,
            onsekerheid, pyn  en beproewing  gaan. Wanneer  daardie
            saadjie van ons  onder  die  grond  is en  nie  die  lig sien  nie.




                                         140
   140   141   142   143   144   145   146   147   148   149   150