Page 153 - WieEkIs Erin Nel
P. 153

Wanneer ons begryp wat ons doel op aarde is, gaan dit ons
            menswees en ons verhouding met God dramaties verryk. Dit
            gaan karakter bou en bydrae lewer waar dit sáák maak en nódig
            is.

            God wil ons gebruik, en Hy is gedurig opsoek na diegene wat Sy
            wil op aarde sal uitvoer. As ek en jy nie gaan doen wat God van
            ons vra nie, gaan Hy iemand anders gebruik wat gewillig is, en
            ons gaan uitmis op daardie hemelse seën.

            Kom ons raak prakties.
            Is jy reg? Braaf genoeg? Nederig genoeg?

            Gaan raak stil êrens, alleen. Word stil en laat die Heilige Gees
            met jou  praat. As jý  opdaag, sal Hý  opdaag.  Wees net  oop,
            sensitief en geduldig. Skryf dan neer wat in jou gees opkom. Is
            dit van God af of dink jy dit is uit jou eie vlees? As jy onseker is,
            vra Hom om dit te bevestig. Soms gaan Hy jou vra om die stap
            in gelóóf te doen. Go for it! Hardloop met dit wat Hy uitgelig
            het, en doen soos Hy jou lei. Laat dit vloei.

            Reg vir nog ‘n oefenlopie?

            Kry ‘n stuk papier en iets om mee te teken. Pen, potlood, koki
            of vetkryt, net wat beskikbaar is. Gaan sonder jou af en hoor by
            die Heilige Gees wat jy moet teken. Gee net oor, en teken. Bid
            daaroor, en vra vir God vir wie Hy wil hê jy dit moet gee as ‘n
            seëning. Of Hy nou Skrif op jou hart lê om by te sit en of Hy
            profeties iets op jou hart lê vir daardie persoon.





                                         148
   148   149   150   151   152   153   154   155   156   157   158