Page 135 - WieEkIs Erin Nel
P. 135

kan word, die mens kan word wat U my geskep het om te wees.

            Ek  bring  voor  U  voete  my  gedagtes  en denkpatrone,
            programmering, reaksies, my DNA, emosies, wil, my karakter
            en identiteit. Ek vra dat U my sal heilig, reinig en restorasie sal
            bring in my siel. Breek die mure van godsdiens, trots, hardheid
            van hart, mure van vrees en ongeloof. Laat my terugkeer na U.
            Help my om U waarheid te besef en daarin te leef, sonder dat
            ek twyfel wie ek in U is. Ek vra dat U my nou sal seën met die
            seën wat U vir my lewe beplan het reeds voor my geboorte
            (Psalm 139:16). Neem my hand en lei my gees in U weë van
            restorasie. In Jesus se naam, Amen.


            God se beloftes


            Romeine 12:2
            “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar
            laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”

            Efesieërs 4:22-23
            “...dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens
            moet aflê wat deur  die  begeerlikhede van die  verleiding ten
            gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van
            julle gemoed...”

            Hartsgedagtes


             1.  Belydenis:
                 Verootmoedig jouself voor Abba Vader en vra dat Hy jou
                 hart vir jou kom wys. Bely waar daar nog donker plekke in


                                         130
   130   131   132   133   134   135   136   137   138   139   140