Page 132 - WieEkIs Erin Nel
P. 132
Hier wil ek graag ‘n persoonlike getuienis deel, want dit het selfs
vir my verras hoe wonderlik Abba Vader se weë is. My Pa is 3
weke gelede skielik oorlede en soos dit maar is as ‘n geliefde
afsterf, bly dit ‘n skok vir jou ligaam en emosies. Die dag na sy
dood het ek gevoel of die trauma en hartseer diep inskop. Ek
het vir God gevra hoe op aarde gaan ek ooit oor hierdie seer en
verlange kom. Dit het gevoel of ek al die fases van rou binne 5
ure deurwerk. Ek was kwaad, het gehuil, het al die vrae gevra
en vir God gevra hoe kan Hy toelaat dat Sy kinders deur hierdie
ongenaakbare hartseer en verlange gaan.
Maar Sy Vaderhart ken ons mos en Hy het soveel deernis. Die
volgende dag het ek soos ‘n nuwe mens daaruit gesien, en was
die trane verby. Ek het geweet wat ek weet dat hierdie net ‘n
vleeslike dood is, en nie geestelik nie. Ons gaan nie regtig dood
nie, ons leef voort. Ons gaan oor vanaf die vleeslike dimensie
na die geestelike dimensie.
Skielik kon ek sê: “Dood, waar is jou angel? Doderyk waar is jou
oorwinning?” (1 Kor 15:55) Hierdie ewigheidsperspektief en die
feit dat ek my pa defnitief weer gaan sien, het die angel van die
dood uit my perspektief kom haal. Dit was so onverklaarbaar vir
my hoe Pappa God dit kom doen het, dat ek steeds verbystered
is.
Al wat ek kan sê is Prys die Here, want Hy IS goed! Ek kan nou
aan my Pa se aardse lewe en herinneringe dink met ‘n glimlag
van vrede en dankbaarheid. Want dit is tot WEER siens!
127