Page 131 - WieEkIs Erin Nel
P. 131
nuwe hart het. ‘n Nuwe hartsgesindheid van liefde, vrede,
aanvaarding, geduld, nederigheid en die wete van wie ons in
God is. Paulus skryf in sy brief aan die Fillipense dat “dieselfde
gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus
was.” (Fil. 2:5) Omdat ons van nature sondig is, kan ons hierdie
gesindheid nie uit onsself doen nie, ons het die Heilig Gees
nodig om dit in ons teweeg te bring. Namate ons geestelik groei
sal ons ook soos Jesus die vrug van die Gees openbaar, soos in
Galasiers 5:22. Ons moet ons daagliks oorgee aan die Heilige
Gees om hierdie gesindheid in ons harte te skep en sodoende
meer en meer soos Jesus te word.
Om ‘n nuwe hart te hê beteken ook die vernuwing van ons
denke. “Die ou dinge het verby gegaan. Kyk, dit het alles nuut
geword. ” (2 Kor. 5:17) Dit beteken dat ons denke nie nou meer
wêreld-gerig is nie, maar gefokus sal wees op die dinge van Bo
- ‘n Hemelse, ewigheids-perspektief.
God se perspektief op die lewe
Een van die aspekte van geestelike groei is perspektief.
Perspektief beteken om dinge beter te kan verstaan omdat ons
verwysingsraamwerk soveel groter is. Dit beteken om die lewe
dus vanuit ‘n Goddelike perspektief te sien, met wysheid en
onderskeiding. Daarteenoor kry ons ' n verharde hart, wat die
teenoorgestelde is van ‘n Goddelike perspektief. ‘n Verharde
hart laat ons na dinge kyk uit ‘n dowwe, wêreldse, beperkte
perspektief. Die ou mens en ou denke teenoor vernuwende
denke in Christus.
126