Page 134 - WieEkIs Erin Nel
P. 134
ons siel, daar waar ons dinge vasvang en oordink. Ons denke
het die vermoë om ons emosies, reaksies en optrede te bepaal.
Daarom moet ons ons gedagtes gevange neem in Christus en
God vra om ons gedagtepatrone te verander, ons manier van
dink te vernuwe.
Gebed
Vader God, ek kom vandag voor U troon van genade. Ek weet
ek kan, as U geliefde kind, met vrymoedigheid en vreugde tot U
nader. Ek wil my liggaam, siel en gees voor U bring, tesame met
my onvervulde behoeftes, seer en onopgelose kwessies wat
nog in my hart omgaan. Abba Vader, ek lê dit vandag voor U
voete neer, ek gee dit oor aan die werk van die Heilige Gees. Ek
vra dat U U lig sal skyn (Johannes 1:5) op die donker in my hart.
Genees al die seer en pyn in my hart deur die kosbare, kragtige
bloed van Jesus Christus my Verlosser. Vader, bring vandag
genesing in my sielmens, sodat ek al hoe meer vry en soos Jesus
129