Page 129 - WieEkIs Erin Nel
P. 129
gesondig het in God se oë, het hy homself elke keer voor God
verootmoedig en om vergifnis gevra. Om die toestand van ons
hart te ken en ons sonde te érken, help ons op die reis tot
genesing en restourasie. Genesing en restourasie loop hand
aan hand. Slegs wanneer ons ons swakplekke ken en dit oorgee
aan ons hemelse Vader vir genesing, kan die proses van herstel
begin. Ware, diep restourasie. Restourasie in die plek waar ons
onvervulde behoeftes gelei het tot onopgeloste seer en
oorgesit het in onopgeloste kwessies in ons lewe. Hierdie is die
areas waar ons restourase nodig het, die plekke in ons hart
waar ons genees moet word.
Sarah Jubilee beskryf in haar boek Shama die kwessie van
onvervulde behoeftes so mooi: “Wanneer een van hierdie
behoeftes nie vervul word nie, is dit traumaties vir jou siel en
dit is hoe verwerping plaasvind. Verwerping is die trauma van
onvervulde sielsbehoeftes.” Sielsbehoeftes sluit in liefde, vrede,
koestering, hoop, waarde, kreatiwiteit en aanvaarding.
Wanneer ons by Jesus se voete sit en God die geleentheid gee
om ons harte vir ons te wys, sal Hy aan ons daardie areas in ons
harte openbaar waar onvervulde behoeftes is. Daar waar
leemtes is en dit seer in ons siel veroorsaak het. So begin die
pad na genesing, waar God self ons begeertes sal bevredig en
ons behoeftes sal vervul.
Hierdie reis tot genesing is so belangrik, aangesien elke seer,
leemte en opgeloste kwessie 'n manier is waarop die satan 'n
houvas kry op ons. Hetsy deur biterheid, jaloesie, onvergifnis of
verwerping. Soos wat ons ouer raak, raak ons liggaam ouer,
fisies volwasse. So moet ons geesmens ook volwasse raak.
124