Page 130 - WieEkIs Erin Nel
P. 130
Volwassenheid in die gees beteken ons bereik ‘n vlak van
heelheid en volheid van ons siel. Dit gebeur wanneer aan al ons
behoeftes voldoen is en daar nie meer seer en leemtes in ons
siel is nie. Ons kry 'n nuwe hart wanneer God ons deur die
proses van genesing neem en ons oorgegee is aan Sy genade,
liefde en vergifnis.
Waarom 'n nuwe hart?
Ons gebroke hart maak dat ons harte verhard word en dit
beïnvloed ons vermoë om dinge van die Gees te verstaan en te
begryp. Sodoende word die vrug van die Gees nie voortgebring
in ons lewens nie. Paulus praat ook in Romeine 2:4-5 oor die
verhardheid en onbekeerlike hart wat nie besef dat God hom
tot bekering wil lei nie. ‘n Gebroke hart lei tot ‘n gebroke
identiteit. Die vyand weet dit en gebruik juis hierdie seer in ons
harte om ons identiteit aan te val, af te breek en te vernietig. ‘n
Gebroke identiteit lei tot gebroke intimiteit met God. Identiteit
en intimiteit met God is onskeibaar. Daarom kan ons in die
genesingsproses ons identiteit na God bring vir restourasie,
want ons dra ons identiteit soos ‘n mantel deur ons lewe.
Dit is só belangrik dat ons identiteit gevestig moet wees in die
Vader se liefde en waarheid oor ons, en nie in ons eie prestasies
nie. Dan sal ons weet dat ons geliefd, waardig en vry is. Abba
Vader wil ons identiteit herstel, nie net sodat ons kan dóén
waarvoor Hy ons geskep het nie, maar dat ons ook kan wéés
wie Hy ons geskep het.
Ons kan slegs in die volheid van ons identiteit stap as ons ‘n
125