Page 127 - WieEkIs Erin Nel
P. 127

'n Nuwe Hart




            “En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in julle binneste;
            en ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart
            van vlees gee.” – Esegiël 36:26

            “Deurgrond my O God  en  ken  my hart,  toets  my en  ken  my
            gedagtes.” – Psalm 139:23

            Om ons identiteit te verstaan is inherent deel daarvan om die
            karakter van Jesus te verstaan. Alles is immers vir Hom en deur
            Hom geskep, ons is dus ook vir Hom en deur Hom geskep. Om
            Sy karakter te ontdek is om Sy hart te ken, om meer soos Hy te
            raak.

            Sonder om jou hart te ondersoek kan jy nie baie ver op hierdie
            ontdekkingsreis kom nie, aangesien dit wat ons dink en wat ons
            voel, nie noodwendig is wat regtig in ons hart aangaan nie. Wat
            ek op 'n baie diep manier geleer het is dat ek soms dink dat die
            gesindheid van my hart reg is, maar sodra ek my verootmoedig
            voor die Vader, Hy my die ware gesindheid van my hart kom wys.
            Dit is verbysterend om dan agter te kom hoe dinge werklik lyk!
            Slegs wanneer ons by Abba se voete gaan sit en stil raak, en God
            vra om ons harte vir ons te kom wys, sal ons die toetstand van
            ons harte sien, en dan kan genesing begin. Jesus kom vir Sy
            vlekkelose Bruid, wat rein en uitgesonder is vir Hom. Dit is die
            spieëlbeeld van Jesus se hart wat Sy Bruid gaan dra, dus 'n hart



                                         122
   122   123   124   125   126   127   128   129   130   131   132