Page 125 - WieEkIs Erin Nel
P. 125

Ons reaksie op wie God is


            God het die mens uniek geskep, met ‘n gees soos die engele,
            maar ook met ‘n siel. Hierdie het ons die vryheid van keuse
            gegee.  Ons kon  kies om God  te dien en  nie te  dien nie, en
            tesame met hierdie vryheid, kom baie  mag.  Die prominente
            deel van ons siel is die eie wil en emosies; dus om besluite te
            kan neem en daarop te kan reageer is eie aan ons menswees.
            Hierdie vryheid het die vermoë om ons dus onafhanklik van
            God te maak as ons so sou kies. Ons voorvaders se rebellie teen
            God was dus die teken van hulle onafhanklikheid. Die toring van
            Babel was ‘n baie goeie voorbeeld van onafhanklikheid van God.

            Ons is vandag op dieselfde pad as ons voorvaders, aangesien
            ons al hoe meer leef in onafhanklikheid van God, alhoewel ons
            dit dalk nie elke dag besef nie. Die Woord sê: “Ken Hom in al
            jou weë”, maar doen ons  dit?  Praat ons met  God oor  ons
            finansies, ons kinders, ons drome en besigheid? Verstaan ons
            regtig die konsep van ken Hom in AL jou weë? Daarom dat God
            beskik het dat die gees oorspronklik bo die siel verhewe was,
            dat ons geesgelei en nie sielgelei moet wees nie. Daarom veg
            ons elke dag teen die oorhand van die siel, vanaf die sondeval,
            toe geestelike dood die wêreld oorval het.












                                         120
   120   121   122   123   124   125   126   127   128   129   130