Page 116 - WieEkIs Erin Nel
P. 116

Deur Hom te KEN. Maar om Hom te ken, moet ons weet wie
            hierdie Jesus is.  Hoe  antwoord ons  hierdie  vraag? Want ons
            voel soms soos ‘n toeris wat ‘n yslike monument of kunswerk
            aanskou, en in absolute  verwondering  heeltemal  oorweldig
            voel. Hoekom? Want hierdie soeke na wie Jesus is, is eintlik ‘n
            persoonlike, intieme soeke vir elkeen van ons.

            Daar is soveel teenstrydige opinies oor wie Jesus is, dat ons
            uiteindelik self na Hom toe sal moet gaan om die waarheid te
            ontdek oor wie Hy is. Hoe ons Hom ken. Net jy en Hy. En Hom
            te ken deur dit wat in Sy Woord staan, met ander woorde om
            tyd in die Woord te spandeer.

            Napoleon het  gesê:  “Everything in Christ astonishes me.  His
            spirit overawes me, and His will confounds me. Between Him
            and whoever  else in the  world, there  is  no possible  term of
            comparison. He is truely a being by Himself... I search in vain in
            history to find a similar to Jesus Christ, or anything which can
            approach the  gospel. Neither  history, nor  humanity,  nor the
            ages, nor nature, offer me anything with which I am able to
            compare it or explain it. Here everything is extraordinary.”

            As ons kyk na Bybelse verwysing van Jesus se voorkoms, word
            ons baie min leidrade gegee. Johannes die doper het self gesê
            dat hy Jesus nie sou erken buiten bonatuurlike openbaring nie.
            Met ander woorde Jesus het geen gloed van glorie om Hom
            gehad nie, Hy het net soos die ander Jode gelyk en was nie
            buitengewoon aantreklik of lank nie. Jesaja sê: Hy het nie die
            skoonheid en prag gehad dat ons na Hom sou kyk nie, nie die




                                         111
   111   112   113   114   115   116   117   118   119   120   121