Page 109 - WieEkIs Erin Nel
P. 109
teenwoordigheid en op Hom te wag om terug te praat. Stil raak
kan nogal die vermoë hê om ons ongemaklik te maak aangesien
ons moet afsonder en net sit en wag en wag en wag. Geduldig,
sonder om aan die volgende bondel wasgoed, telefoon oproep
of item op ons lysie te dink. Wanneer ons tyd inwerk om te bid
in ons daaglikse roetine, sal God dit eer en seën, want dit is
inherent deel van ons groeiproses deur die woestynland.
“Take courage. We walk in the wilderness today and in the
Promised land tomorrow.” – Dwight L. Moody
Gebed
Abba Vader, ek eer U as die God van Abraham, Isak en Jakob.
(Eks 3:6) Ek eer U vir U verbond van liefde met my en my
nageslag. Dankie dat U liefde vir my nooit sal kwyn nie. Dankie
dat U my ook deur my wildernis lei in liefde en genade en dat U
hand altyd oor my is. Ek smeek U Vader dat U my sal reinig en
my hart sal heilig maak voor U, want om vergifinis te vra en deur
104